Pietie and Susan Roux started the nursery in 1990 on the farm Nooitgedaght. Initially there was only one tunnel used for production of vegetable plants for the farmers of the district. The nursery was later expanded to include windbreak and plantation trees. Therefore the initial name Tulbagh Bosbou Nursery.
As the years passed, our ranges of plants grew dramatically and now include roses, palms, indigenous trees and shrubs. Since 2005 we have also included aloes and succulents to our production.
Tulbagh nursery is a family owned business with 20 hectares under plants. We supply work to a lot of people in the valley, especially during the winter months when there is a shortage of work. Our plants adapt very well to most regions in South Africa because they are exposed to our very hot summers, freezing winters and daily South-Easter.
Up till now we have not needed to use advertising as we rely on word of mouth from satisfied customers.
Pietie en Susan Roux het die kwekery in 1990 op die plaas Nooitgedaght begin. Daar was aanvanklik net een tonnel waar groente plantjies gekweek is vir die boere van die distrik. Die kwekery is later uitgebrei om windlaning en plantasie bome in te sluit - vandaar die aanvanklike naam Tulbagh Bosbou Kwekery.
Soos die jare aangestap het, het die verskeidenheid plante al meer geraak, dit sluit nou rose, palms, inheemse bome en struike ook in. Vanaf 2005 verkoop ons ook aalwyne en vetplante. Hierdie familie besigheid bestaan tans uit 20 hektaar wat onder plante is. Ons verskaf aan vele mense werk, veral in die winter maande wanneer werk baie skaars is in die vallei.
Ons plante is baie aanpasbaar tot meeste streke in Suid Afrika aangesien hulle blootgestel word aan warm somers, uitermate koue winters en van dag tot dag suidoos wind kry.
Tot dusver was dit nog nie nodig vir ons om van advertensie veldtogte gebruik te maak nie - ons maak staat op tevrede kliënte wat uitpraat.